Tuis

ONTDEK DIE WONDERWÊRELD VAN LEES

LEES WAS NOG NOOIT SO LEKKER NIE!

Solidariteit Helpende Hand glo dat geen kind as gevolg van ekonomiese omstandighede van onderwyshulpmiddels uitgesluit moet word nie. Ook dat lees die grondslag van leer vorm. Daarom het ons vyf apps (toepassings) ontwikkel om die wonderwêreld van lees vir die jongspan te ontsluit. Laai dit vandag nog GRATIS af! Ons het ook ‘n alfabetboekie, ‘n Dag by die dieretuin (R40, posgelduitgesluit), wat die alfabet, letters en klanke met versterkterealiteitstegnologie lewendig maak

Laai dié leesapps gratis af!

Alfabetpret

maak gebruik
van opwindende
tegnologie (versterkte
realiteit) wat sorg dat
die diertjies in die
leesboekie ’n Dag by
die dieretuin behoorlik
van die bladsye
af spring.

Dieretuinpret

is daarop gefokus om
graad 1- leerders te
leer lees. Die lees-app
fokus op die leer
van die alfabet, die
herkenning van die
klanke en letters, en
die skryf van die
letters van die alfabet.

Skryfpret

is daarop gefokus om
graad 1- leerders te
leer skryf. Dié skryf-app
fokus op die leer
van die alfabet, die
herkenning van die
klanke en letters, en
die skryf van die
letters van die alfabet.

Hoofletterpret

is daarop gefokus om
graad 1- leerders te
leer skryf. Dié skryf-app
fokus op die leer
van die alfabet, die
herkenning van die
klanke en letters, en
die skryf van die
letters van die alfabet.

Sigwoorde Pret

In hierdie app leer elke kind die Sigwoorde ken wat hy of sy in Graad 1 onder die knie moet kry.Deur middel van herhaling, herkenning en uitspraak sal elke kind sommer vinnig speel-speel hierdie woorde bemeester.

Koop dié leersame boekie!

boekHierdie leesboekie deur die bekroonde
jeugboekskrywer Jaco Jacobs stel kinders
speel-speel aan die alfabet bekend –
met of sonder die benutting van moderne
tegnologie. ’n Dag by die dieretuin
verseker die prettigste diere- en leeservaring
vir die kleinspan. Met die Alfabetpret-
app, wat van versterkterealiteitstegnologie
gebruik maak, kry die diertjies
op die bladsye van hierdie leesboekie
lewe. Onthou om Alfabetpret ook gratis af te laai om die volle wonderwêreld van die dieretuin te ervaar.

Die boekie kos R40 (posgeld uitgesluit).

Het jy geweet?

5

van Suid-Afrikaanse ouers
lees vir hulle kinders.
~ Suid-Afrikaanse Boekontwikkelingsraad ~

Share on Pinterest
Share with your friends










Submit