Hoe werk dit?

Wat is versterkterealiteitstegnologie?

Versterkte realiteit (VR) is wanneer die elemente van ’n regstreekse, direkte of indirekte, beeld van ’n fisiese omgewing in die regte wêreld deur rekenaargegenereerde sensoriese insette soos klank, video, grafika of GPS-data versterk (of aangevul) word. Daarenteen vervang virtuele realiteit die regte wêreld met ʼn gesimuleerde wêreld. Kunsmatige inligting oor die omgewing en die voorwerpe daarin kan dan bo-oor die regte wêreld vertoon word.

Hoe werk versterkterealiteitstegnologie?

Deur ʼn app vir ʼn selfoon, tablet of iPad te gebruik, identifiseer en vertolk ʼn selfoon se kamera ʼn merker, dikwels ʼn swart-en-wit staafkodebeeld. Die apparatuur ontleed die merker en skep ʼn virtuele beeld op die selfoon se skerm, wat die posisie van die kamera in ag neem. Dit beteken die app werk met die kamera om die hoeke en afstand te vertolk wat die selfoon van die merker af weg is.

Hoe word die versterkterealiteitstegnologie saam met die leesboek gebruik?

Laai die app gratis af. Beweeg jou foon, tablet of iPad oor die alfabetletters en sien hoe die letters lewendig word. Beleef die wêreld van interaktiewe lees en speel.

Share on Pinterest
There are no images.
Share with your friends










Submit